Visie
Optimale lewenskwaliteit vir al die inwoners van Huis Andre van der Walt/Serena en De Rust aftree-oorde
Missie
Om in spanverband versorgingsdienste en aktiwiteite binne 'n vriendelike atmosfeer te lewe om in die spesifieke behoeftes van inwoners te voorsien in samewerking met die familie.
Utilitas Bellville maak gebruik van bekwame en toegewyde professionele personeel. Hierdie nutsmaatskappy verskaf behuising aan meer as 600 afgetredenes en senior burgers. Die diverse behoeftes van die breë spektrum van inwoners verg hoogs opgeleide en professionele personeel. Die senior personeel van Utilitas Bellville is langer as 20 jaar in diens van die maatskappy en beskik oor die beste kwalifikasies in die bedryf om hulle taak te verrig.