Eedenglen Aftree Oord

Eedenglen Aftree Oord
Applicable Age
50
Short Description
Eedenglen Aftree Oord is geleë in die pragtige kusdorpie Jeffreysbaai in die Oos Kaap, ongeveer ‘n uur se ry suidwes vanaf Port Elizabeth. Daar is genoeg inkopie sentrums in Jeffreysbaai om in al die inwoners se behoeftes te voorsien, en natuurlik restaurante om van te kies en te keur.

Die goue strande, vanaf Kabeljaauws strandmeer tot by die monding van die Kromme rivier is almal binne maklike bereik van die Eedenglen Aftree Oord, die Kabeljaauws strand selfs binne loopafstand vir die meer energiekes.
More Information

Ons doelwit is om doeltreffende, volhoubare en bekostigbare dienste in ‘n veilige, rustige en netjiese omgewing aan al die oord se inwoners te lewer.

Die sekuriteitdienste van die oord is uitgekontrakteur en die oord is ten volle met elektriese veiligheidsheining omhein. Toegangsbeheer word streng toegepas.

Tuindienste is ook uitgekontrateur en die oord spog met netjiese tuine en openbare areas.
Die oord beskik oor sy eie bekwame instandhoudings span.

Die Oord verskaf die volgende dienste:

Omvattende gesondheidsorg, bestaande uit ‘n versorgingseenheid, tuisversorgingsdienste en ‘n kliniekdiens.
Spysenieringsdienste is uitgekontrakteur. Drie maaltye per dag is in ‘n gesellige eetkamer beskikbaar en spyseniering word ook vir kleiner funksies van inwoners gedoen.
Wasgoed- en skoonmaakdienste is beskikbaar.
Vervoer na die middedorp, biblioteek en inkopiesentrum is op geskeduleerde dae beskikbaar.
Die oord beskik oor ‘n eie haarsalon vir die inwoners.
Lewensverryking en sosiale programme word op ‘n gereelde basis aangebied.
Kerkdienste word elke Sondag in die eetsaal aangebied.
‘n Holistiese benadering word gevolg waarin gepoog word om in elke inwoner se fisiese, geestelike en emosionele behoeftes te voorsien.

Phone - Sales Inquiries
042 296 0381
Address
Wonderboomsingel
City
Jeffreys Bay
Postal Code
6331
Province
Eastern Cape
Bedrooms
1, 2
Bathrooms
1, 2
Garages
1
Facilities
24 hour security, Security village, Access Control, Community Centre, Small pet friendly, Hairdresser, Frail care, Dining Room, Daily Meals, Laundry, Chapel
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord
  • Eedenglen Aftree Oord

Directions to listing

Send Message

Phone Number: