▸▾ Claim This Listing
Please login in order to be able to claim this listing.
Kokanje Aftreeoord – (Nylstroom) Modimolle

Business Name:
Kokanje Aftreeoord – (Nylstroom) Modimolle
Short Description:
Kokanje Aftreeoord, geleë buite Nylstroom (Modimolle) in die hart van die Waterberge is skaars 90 minute se ry vanaf Pretoria en bestaan alreeds langer as 30 jaar. Die oord beskik oor ‘n eie onafhanliklike infrastruktuur soos water retikulasie, krag netwerk en riolering wat deur bewkame tegnici instand gehou word. Kokanje maak ook voorsiening vir noodwatervoorraad uit eie boorgate.
More Information:
Die wonings bestaan uit een-, twee- en drieslaapkamer gemoderniseerde eenhede met hoë kwaliteit afwerking en ruimte wat iets bied vir elkeen se smaak. Sekuriteit by Kokanje geniet hoë prioriteit ten einde ‘n veilige omgewing vir die inwoners te verseker. Die Oord is omhein met ‘n geëlektrifiseerde heining wat gereeld deur wagte gepatrolleer word en daar is beheerde toegang.
Inwoners koop Lewensreg wat beteken dat Kokanje vir inwoners voorsiening sal maak tot en met afsterwe.
Province:
Limpopo