Short Description
Die Oord is baie goed geleë met betrekking tot winkelsentrums en die Kolonade is ongeveer 3 kilometer ver. Verder is verskeie ander sentrums binne ‘n radius van 5 kilometer geleë.
More Information
Die wooneenhede wissel van een slaapkamer eenhede tot drie slaapkamer eenhede. Hiermee saam is daar ook eenhede wat een en ander eenhede wat twee motorhuise het. Alle eenhede beskik ook oor ‘n motor-afdak. Al die eenhede is van sierstene gebou en het teëldakke. Elke eenheid het sy eie water- en kragtoevoer en die water- en kragvebruik word per eenheid gemeet. Alle eenhede is in 2018 van optiese veseleindpunte voorsien ten einde internet en selfs telefoondienste op ‘n hoëspoed basis te voorsien. Inwoners moet egter hul eie internet-diensverskaffers verkry en reël vir die installering van die diens.
Province
Gauteng