Claim This Listing
Please login in order to be able to claim this listing.

Negester Klein Kariba

Negester Klein Kariba
Business Name: Negester Klein Kariba
Applicable Age: 50 plus
Availability: Fase 4B nou beskikbaar!
Pets: Small Pet Friendly
Price Range: R800 000 – R1 000 000, R1 000 000 – R1 500 000, R1 500 000 – R2 000 000, R2 000 000 – R3 000 000, More than R3 000 000
Short Description: Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se oop stiltes. Nou kan jy ook wakker word met ‘n kletsende Bospatrys as alarm.

Met Negester Klein-Kariba maak die ATKV jou Bosvelddrome waar. Hierdie volhoubare leefstyl-landgoed, aangrensend tot ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord, is perfek vir vyftigplussers op soek na ‘n rustiger leefstyl.

Daar kan uit verskillende groottes wonings en ontwerpe, gebaseer op ‘n kontemporêre interpretasie van historiese plaasargitektuur, gekies word. Klip uit die omgewing word boustene en die natuurlike inheemse plantegroei dien as voortuin.
More Information:

Negester Klein-Kariba, met sy kenmerkende Bosveld-natuurskoon, lê in die UNESCO-erfenisgebied van Waterberg-biosfeer. Dit grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, slegs ’n uur se ry vanaf Pretoria.

Die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing beskik oor ʼn heerlike somerreënvalklimaat, ʼn private hospitaal, topklas gholfbane en goeie winkels.

Winkels:Bela Mall is ʼn moderne 17 800m² winkelsentrum, geleë op die rand van die dorp aangrensend aan die R101 (15,6 km)
Private hospitaal:St Vincent’s Private Hospitaal (15,6 km)
Gholf:Zebula Buiteklub (56 km), Elements Private Gholfreservaat (35,7 km), ens.
Natuurreservaat:Mabalingwe Natuurreservaat (41,7 km), Zebula Natuurreservaat (56 km), Sondela Natuurreservaat & Spa (23,5 km)
Lughawe:Bela-Bela Vliegveld (17 km)

Negester Klein-Kariba beslaan 83 ha, met genoegsame oop groen areas met verskeie soorte wild soos njalas, rooibokke en vlakvarke. ’n Groot verskeidenheid Bosveld-bome kan op die landgoed gevind word: Blinkblaar-wag-‘n-bietjie, boekenhout, doppruim, karee, kiepersol, lekkerbreek, maroela en tambotie, om ʼn paar te noem.

Fasiliteite:

Negester Klein-Kariba bied net die beste fasiliteite, geriewe en aanvullende dienste aan sy inwoners:

Klubhuis met veeldoelige saal
Klein biblioteek
3 tennisbane
7-putjie minigholfbaan
8 jukskeibane 
15 m swembad 
4 wandelpaaie
Boma met piekniekarea
Speelparkie vir kinders (wat by ouma en oupa kuier!)
24/7 sekuriteit met biometriese toegangsbeheer
Optieseveselkabel vir stabiele en vinnige internet

Phone – Sales Inquiries: 014 736 2388
Mobile No: 0716129129
Address: Klein Kariba
R101
City: Bela Bela
Postal Code: 0480
Province: Limpopo
Bedrooms: 2, 3
Bathrooms: 1, 2
Garages: 1, 2
Facilities: 24 hour security, Security village, Clubhouse, 24 Hour medical care, Library, Swimming Pool, Sport Facilities
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba

Directions to listing

Send Message to listing owner

Listing Title: Negester Klein Kariba

Phone Number: