Short Description
'n Keur leefstyl-landgoed vir vyftigplussers op Onrusrivier
Skaars vyf minute van Hermanus lê Onrusrivier, 'n klein juweel met 'n veilige strandmeer, pragtige uitsigte en 'n rykdom voëllewe.
Skaars vyf minute van Hermanus lê Onrusrivier, 'n klein juweel met 'n veilige strandmeer, pragtige uitsigte en 'n rykdom voëllewe.
More Information
Dié bekoorlike leefstyl-landgoed kombineer die aanloklike eienskappe van outydse stoepe, gesellige lae mure, boomryke strate, landskapstuine met wandelpaadjies en natuurlik die treffende natuurskoon in die vorm van die see, die strandmeer en die berge as agtergrond. Die wooneenhede van Negester Onrusrivier bied 'n verskeidenheid argitektoniese style om van te kies en keur.
Daar is byvoorbeeld die gedeelte met die fasades van Kaapstad se Lang-, Plein-, Breë- en Langmarkstraat of Stellenbosch se Dorpstraat. 'n Ander deel spog met 'n moderne plaashuisstyl. Derdens is daar ook eenhede in 'n kenmerkende Kaaps-Maleise styl. 'n Sitkamer met dameskroeg, biblioteek en eetkamer vorm deel van die klubhuisfasiliteite.
Province
Western Cape