Die wonings bestaan uit een-, twee- en drieslaapkamer gemoderniseerde eenhede met hoë kwaliteit afwerking en ruimte wat iets bied vir elkeen se smaak. Sekuriteit by Kokanje geniet hoë prioriteit ten einde 'n veilige omgewing vir die inwoners te verseker. Die Oord is omhein met 'n geëlektrifiseerde heining wat gereeld deur wagte gepatrolleer word en daar is beheerde toegang. Inwoners koop Lewensreg wat beteken dat Kokanje vir inwoners voorsiening sal maak tot en met afsterwe. Intree-ouderdom is 60 jaar en afsny ouderdom is 75 jaar.
Be the first to review this venue.
No reviews yet. Be the first to review →