Negester Klein Kariba

Negester Klein Kariba
Applicable Age
50 plus
Availability
Fase 4B nou beskikbaar!
Pets
Small Pet Friendly
Price Range
R800 000 - R1 000 000, R1 000 000 - R1 500 000, R1 500 000 - R2 000 000, R2 000 000 - R3 000 000
Monthly Levies
R1500-R2000
Short Description
Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se oop stiltes. Nou kan jy ook wakker word met 'n kletsende Bospatrys as alarm.

Met Negester Klein-Kariba maak die ATKV jou Bosvelddrome waar. Hierdie volhoubare leefstyl-landgoed, aangrensend tot ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord, is perfek vir vyftigplussers op soek na 'n rustiger leefstyl.

Daar kan uit verskillende groottes wonings en ontwerpe, gebaseer op 'n kontemporêre interpretasie van historiese plaasargitektuur, gekies word. Klip uit die omgewing word boustene en die natuurlike inheemse plantegroei dien as voortuin.
More Information

Negester Klein-Kariba, met sy kenmerkende Bosveld-natuurskoon, lê in die UNESCO-erfenisgebied van Waterberg-biosfeer. Dit grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, slegs ’n uur se ry vanaf Pretoria.

Die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing beskik oor ʼn heerlike somerreënvalklimaat, ʼn private hospitaal, topklas gholfbane en goeie winkels.

  • Winkels:Bela Mall is ʼn moderne 17 800m² winkelsentrum, geleë op die rand van die dorp aangrensend aan die R101 (15,6 km)
  • Gholf:Zebula Buiteklub (56 km), Elements Private Gholfreservaat (35,7 km), ens.
  • Natuurreservaat:Mabalingwe Natuurreservaat (41,7 km), Zebula Natuurreservaat (56 km), Sondela Natuurreservaat & Spa (23,5 km)
  • Lughawe:Bela-Bela Vliegveld (17 km)

Negester Klein-Kariba beslaan 83 ha, met genoegsame oop groen areas met verskeie soorte wild soos njalas, rooibokke en vlakvarke. ’n Groot verskeidenheid Bosveld-bome kan op die landgoed gevind word: Blinkblaar-wag-'n-bietjie, boekenhout, doppruim, karee, kiepersol, lekkerbreek, maroela en tambotie, om ʼn paar te noem.

Fasiliteite:

Negester Klein-Kariba bied net die beste fasiliteite, geriewe en aanvullende dienste aan sy inwoners:

  • Klubhuis met veeldoelige saal
  • Klein biblioteek
  • 3 tennisbane
  • 7-putjie minigholfbaan
  • 8 jukskeibane 
  • 15 m swembad 
  • 4 wandelpaaie
  • Boma met piekniekarea
  • Speelparkie vir kinders (wat by ouma en oupa kuier!)
  • 24/7 sekuriteit met biometriese toegangsbeheer
  • Optieseveselkabel vir stabiele en vinnige internet
Phone - Sales Inquiries
Mobile No
Address
Klein Kariba
R101
City
Bela Bela
Province
Limpopo
Bedrooms
2, 3
Bathrooms
1, 2
Garages
1, 2
Facilities
24 hour security, Security village, Clubhouse, Small pet friendly, 24 Hour medical care, Library, Intercom System/Panic Button Service, Swimming Pool, Sport Facilities, Communal Braai Area
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba
  • Negester Klein Kariba

Directions to listing

Send Message

Phone Number: